Besigheids dienste > Landboudienste > Publikasies > AgriOorsig > Julie 2001
Language: English  Afrikaans

Risiko en finansiering


Besluitneming in die landbou moet, soos in baie ander sektore, dikwels gemaak word sonder dat 'n mens die moontlike gevolge kan voorspel. Met ander woorde, ons neem risiko's: besigheids- en finansiŽle risiko's

Besigheidsrisiko's verwys na die waarskynlikheid dat verwagte inkomste verkeerd kan wees en kan in tegniese en markrisiko's verdeel word. Tegniese (of produksie-) risiko's is die waarskynlikheid dat opbrengs vanweŽ weerstoestande, siektes, ens. anders as verwag kan wees. Markrisiko's hou verband met verwikkelinge in die mark, wat meestal laer as voorsiene pryse tot gevolg het.

FinansiŽle risiko's spruit voort uit die waarskynlikheid dat die boer kapitaal weens ongunstige produksie- of bemarkingstoestande kan verloor. Produksie-, bemarkings- en finansiŽle risiko's hou met mekaar verband.

Hoofstuk 7 van Finansiering en die Boer verduidelik dat 'n goeie bestuurder realistiese besluite moet neem rakende watter risiko's om te neem. Hierdie is risiko's wat:

  • aanvaar moet word omdat hulle inherent deel van die onderneming is;
  • aanvaar kan word;
  • nie bekostig kan word nie; en
  • 'n boer nie kan bekostig om nie te aanvaar nie.

'n Balans moet tussen sekurititeit en risikoaanvaarding gehandhaaf word. Daar moet op die maksimering van risiko's, nie die minimering van risiko nie, gekonsentreer word. Dit is belangrik om te bepaal watter geleentdhede en risiko's by die boerdery pas. Sekere tegnieke kan gebruik word om die uitwerking van risiko te verminder of risiko te voorkom.

Risikobestuur
Die eerste fase in risikobestuur, wat aan strategiese bestuur gekoppel is, is die ontwerp van strategieŽ wat die boer in staat sal stel om risiko te hanteer. Die tweede is die implementering van risikobestuurstrategieŽ wanneer nodig. Die derde fase is om die boerdery na normale bedryfstatus te herstel wanneer die risiko-effekte verby is.

Bestuur van die bate-laste-struktuur van die boerdery, die handhawing van likiditeit en risikoversekering is van die instrumente wat gebruik kan word om risiko teen te werk.

Die bate-laste-struktuur verwys na die verhouding tussen skuld en die produktiewe waarde per eenheid. Likiditeit behels dat daar seker gemaak word dat die onderneming sy korttermyn-verpligtinge kan nakom. Deur versekering kan finansi'le risiko teen 'n koste na versekeringsmaatskappye afgewentel word.

'n Algemene verskynsel in boerdery is die positiewe korrelasie tussen risiko en wins (hoe hoŽr die risiko, hoe hoŽr die wins). Hierdie verskynsel maak dit moontlik om risikovermydingstegnieke soos diversifikasie te gebruik. Die ontwikkeling van 'n aandeleportefeulje bied diversifikasiemoontlikhede buite die landbousektor.

'n Buigsame benadering tot die struktuur van die besigheid en die bestuur van produksiefaktore verlaag nie noodwendig risiko nie, maar kan die effekte daarvan versag. Deur die verhouding van vaste tot veranderlike koste te verlaag, kan groter buigsaamheid verkry word.

In 'n gedereguleerde omgewing het die boer met verskeie markrisiko's te doen, waarvan die mees belangrike prysrisiko is. Die ontwikkeling van 'n bemarkingstrategie om hierdie risiko's aan te spreek, is in die vorige uitgawe van AgriOorsig bespreek.

Die bestuur van 'n kontant- of kredietreserwe is belangrik. Die boer kan voorsiening vir moeilike tye maak deur geld in voorspoedige jare op sy te sit en kan sodoende 'n bufferkapasiteit opbou. As alternatief kan die boer 'n groter as benodigde kredietreserwe handhaaf. Dit verleen buigsaamheid en skep die moontlikheid om geleenthede te benut. Hoofstuk 7 van Finansiering en die Boer illustreer hoe risiko bereken en risikoscenario's geŽvalueer kan word wanneer daar onder omstandighede van onvolledige inligting tussen alternatiewe projekte gekies moet word.

Finansiering
Wanneer 'n finansieringsbeleid vir 'n boerdery geformuleer word, is dit nodig om die aard en omvang van kapitaalbehoeftes te bepaal, asook die faktore wat hierdie behoeftes beÔnvloed.

Verskillende kapitaalitems het verskillende omsettingsperiodes. Die duur van omsetting bepaal die bron van kapitaal. Korttermyn-kapitaal word in een produksieperiode gebruik (omskep), bv. saad en kunsmis. Middeltermyn-kapitaal word oor 'n aantal produksieperiodes omskep, bv. aanteelvee, masjinerie en toerusting. Die waarde van langtermyn-kapitaal soos grond en vaste verbeterings word oor baie jare gerealiseer.

Kapitaalbehoeftes kan ook as vaste en bedryfskapitaal geklassifiseer word. Vaste kapitaal word vir vaste bates soos grond, vaste verbeteringe, masjinerie, boorde en aanteelvee benodig. Bedryfskapitaal word in bedryfsbates soos saad, kunsmis, oeste op lande en slagvee belÍ. Debiteure en kontant kwalifiseer ook as bedryfskapitaal.

Nadat die kapitaalbehoeftes geÔdentifiseer is en daar bepaal is wat uit eie bronne beskikbaar is, behoort die boer 'n besluit rakende finansieringsbronne te neem. Kennis van die aard en omvang van kapitaalbehoeftes is noodsaaklik om die regte hoeveelheid van die regte tipe vreemde kapitaal te bekom, ten einde bepaalde doelwitte te bereik.

'n Kontantvloeibegroting, balansstaat en inkomstestaat behoort vir 'n toekomstige datum opgestel te word. Die doel hiervan is om die kapitaalbehoeftes, verwagte winssyfers, finansiŽle verhoudingsgetalle, kredietwaardigheid en terugbetaalvermoŽ te bepaal.

Hoofstuk 10 van Finansiering en die Boer verduidelik hoe om die boerderyrentabiliteit te bereken wat rente, lewenskoste en kapitaaldelging sal dek. Die vermoŽ van 'n boerdery om likiditeit te handhaaf en oorlewing te bevorder is afhanklik van:

  • die totale bates en die skuldlas;
  • die geweegde gemiddelde koste van kapitaal;
  • die netto boerderyinkomste;
  • kapitaaldelging; en
  • lewenskoste.

Vreemde kapitaal behoort slegs gebruik te word as dit boerderywins verhoog. Die belangrike konsep van hefboomfinansiering word in Hoofstuk 10 van Finansiering en die Boer verduidelik.

Kredietverkryging
Finansierders fokus op ses aspekte wanneer kredietaansoeke geŽvalueer word.

  • Die aansoeker: Wie is die persoon en wat is sy/haar kredietgeskiedenis?
  • TerugbetaalvermoŽ: Wat is die aansoeker se vermoŽ om die lening ingevolge die leningsvoorwaardes terug te betaal?
  • Sekuriteit: Watter sekuriteit is vir die finansierder beskikbaar sou dinge skeefloop?
  • Voorwaardes: Wat is die voorwaardes van die lening met betrekking tot die rentekoers, terugbetalings, ens.?
  • Investering: Word vir die regte tipe krediet aansoek gedoen en sal dit die waarde van bates verhoog en 'n positiewe hefboomverhouding skep?
  • Risiko: Watter risiko's met betrekking tot produkpryse, opbrengste en finansi'le mislukking is betrokke?

In 'n onvolmaakte wÍreld moet besluite met onvolledige kennis geneem word. Dit skep die risiko-element. Risiko beÔnvloed terugbetaalvermoŽ, wat die boer se vermoŽ om krediet te verkry, beÔnvloed. Die beginsels wat in Finansiering en die Boer bespreek word, kan die boer help om 'n beter kliŽnt vir sy/haar bank word.©

Kontak Ons